VANDERBILJPARK. – Die verdagtes in die Amy’Leigh de Jager (6) ontvoeringsaak kom weer vandag hier in die hof voor.
Kyk News24 se direkte beriggewing oor die saak hier:
Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Tharina Human is sedert 3 September in aanhouding, nadat Amy’Leigh voor haar laerskool, die Laerskool Kollegepark, uit haar ma se arms geruk is en ontvoer is.
Hulle borgtogaansoek gaan vandag voort.



