Water word dié week afgesit

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die water wat verlede week afgesit sou word sodat ’n nuwe pyp geïnstalleer kan word, is na dié week uitgestel.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die water gaan Woensdagaand 2 Oktober afgesit word en sal na Vrydagaand 4 Oktober weer aangeskakel word.

“Die spanne is gereed om die 965 mm-pyp aan die nuwe pompstasie te koppel.” Maak asseblief voorsiening om water te hê vir hierdie paar dae.