Biddag vir mans en vrouens in blou

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie het op 12 September ’n biddag vir die veiligheid van al die polisielede gehou. Dit vorm deel uit van die veiligheidsmaand wat in September gehou word.

Volharding en veerkragtigheid

Kapt. Magerman, die maatskaplike werker van die SAPD se werknemersgesondheid- en welstandkomitee (EHW), het ‘n sterk boodskap van ondersteuning gebring wat op volharding en veerkragtigheid gerig is.

WO (kapelaan) Paul Volgraaf van Kimberley SAPD het ‘n Bybelse boodskap uit Deuteronomium 31 vers 6-8 gelewer en die polisielede aangemoedig om dapper harte te hê en sterk en onverskrokke te wees in die wete dat God altyd by hulle is.

Voorbidding

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die dag is afgesluit met voorbidding vir die veiligheid van mans en vroue in blou, geslagsgebaseerde geweld, vreemdelingehaat, mensehandel en wêreldwye korrupsie.

Jaarlikse provinsiale biddag

“Hierdie biddag kan gesien word as ‘n opbou na die jaarlikse provinsiale polisiebiddag wat op 27 September 2019 gehou word. Die lede is ook versoek om ten alle tye bewus te wees van hulle veiligheid. ”Wees veilig vandag, leef môre.”