Minderjarige twee keer verkrag: Dros-verkragter

Foto: rekordeast.co.za

*Nie vir sensitiewe lesers en nie vir kinders bedoel nie.

PRETORIA. – Nicholas Ninow, wat bekend staan as die “Dros-verkragter”, het vandag hier in die landdroshof skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, regsverydeling en die besit van dwelms.

Die voorval, waar Ninow afgeneem is in die Dros in Silverton nadat hy uit die toilette uitkom, het ’n jaar terug plaasgevind.

Hier is die video:

Maroela Media berig Ninow het gesê hy het dae voor die voorval die dwelm CAT gebruik. Hy het die dag van die voorval weer dwelms en alkohol gebruik. Hy het in die Dros naar gevoel en badkamer toe gegaan, met die doel om nog dwelms te gebruik. Hy het na die vrouebadkamer gegaan omdat hy bang was die restaurantbestuurder betrap hom.

Meisie maak deur oop

Terwyl Ninow op die toilet gesit het en dwelms gebruik het, het die meisie die toiletdeur oopgedruk en gesê sy wil die toilet gebruik.

Luidens Maroela Media het hy haar onsedelik aangerand. Lees die volledige berig in Maroela Media hier.

“Impulsief” opgetree

Hy het volgens hom “impulsief” opgetree. Hy het haar broek afgetrek, sy geslagsdeel in haar mond gesit en haar met sy vingers gepenetreer.

Die hofsaak gaan môre voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: