JACOBSDAL. – Die ma van ’n bekende dokter van Jacobsdal is vanoggend vroeg glo hier deur twee mans in haar huis oorval en vasgebind.
Die bejaarde vrou (78) is volgens ’n baie betroubare bron oorval, aan haar bed vasgemaak, gewurg en aangerand. Sy was alleen by die huis.
ER24 het die pasiënt na Gariep Medi-Clinic vervoer.
FiND iT hou jou op hoogte.



