Juan du Plooy en AC Groenewald, twee oud-Lanties, het op 2 September 2019 na Ierland vertrek, waar hulle Suid-Afrika sal tydens ’n toutrekkompetisie sal verteenwoordig. Hulle is in die o/23-span opgeneem.
Passie
Juan vertel: “Ek doen toutrek sedert ek 14 jaar oud is, so hierdie is my sewende jaar en ek geniet dit verskriklik baie. Dit is ’n gevoel wat ek aan niemand kan beskryf nie. Dit voel ek lewe dan eers. Dit is werklik een van my passies.”

Hard oefen
Hy sê hy moes baie hard oefen om op standaard te wees. “Indien die afrigter, Michael Lourens, jou raaksien, nooi hy jou om aan die proewe deel te neem en om oefenkampe by te woon. Wanneer jy aan al daardie proewe en oefenkampe deelgeneem het, kan jy vir die span gekies word.
“Ek is baie dankbaar vir hierdie geleentheid. Dit is werklik ’n groot eer om deel te wees van die span en om my land te verteenwoordig.

Juan en AC keer weer op 11 September na Suid-Afrika terug.



