Situasie in Petrusstraat vererger drasties

Deel hierdie storie / Share this story

Die situasie in Petrusstraat het gisteraand drasties vererger. Riool stoot weer eens op in mense se huise en loop in die straat uit. Dié probleem het veroorsaak dat groot gate in die pad vorm. Dit maak dit moeilik vir motors om daar te ry.

Inwoners van dié straat het die Sol Plaatje-munisipaliteit gekontak in verband met die situasie. Die munisipaliteitwerkers het omstreeks 19:17 opgedaag, maar het aan inwoners bevestig dat die hoof-rioollyn nie oopgemaak kan word nie, omdat die pompe by die pompstasie buite werking is.

Die probleem word tans weekliks met die munisipaliteit opgeneem, maar geen terugvoering of reaksie word ontvang nie. Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die geld vir die herstel van die pompstasie is nog nie bekom nie.