Nóg perde in die pad

Deel hierdie storie / Share this story

Drie perde het vanoggend in Phakamila Mabijastraat op die N12 rondgeloop. FiND iT het ondersoek ingestel en die perde gekry.

Die eienaar van die perde was nie in sig nie. Leon Löttering, skutmeester van die munisipaliteit, is in kennis gestel.

Vroër vandeesweek het drie ander perde in Southridge rondgeloop. Die eienaar van daardie perde is nog nie opgespoor nie.

Indien jy weet aan wie die perde behoort, stuur ’n e-pos aan [email protected]