Meisie ontvoer voor skool

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJLPARK. – ‘n Sesjarige meisie is hier na bewering deur vier mans voor haar laerskool ontvoer.

Luidens die inskrywing op die Laerskool Kollegapark se Facebookblad, is klein Amy’Leigh (6), ‘n gr. R-leerling aan dié skool, vanoggend uit haar ma se motor geruk en ontvoer. Vier mans in ‘n Toyota Fortuner het met haar weggejaag.

Omdat die ondersoek tans aan die gang is, is besonderhede rondom die voorval nog vaag. Sover FiND iT se inligting strek het die polisie die Fortuner opgespoor en word dit opgevolg. FiND iT hou jou op hoogte.

Stemboodskap van Ben Almero van National Crime Assist: