Edward Poone word die naweek begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ‘n Welbekende besigheidsman en diamanthandelaar van die stad, Edward “Eddie” Poone (45), is Donderdag 22 Augustus oorlede.

Poone is na bewering in ’n eetplek in Sandton oorlede weens ’n ernstige allergiese reaksie. Hy het glo onbewustelik ’n gereg met skulpvis ingeneem. Hy is na die hospitaal gehaas, maar kon nie bygebring word nie.

Poone, eienaar van Florio-Poone Diamonds CC, is in Augustus 2014 vir onwettige diamanthandel in hegtenis geneem, maar die saak is in 2015 teruggetrek.

Poone laat sy vrou, Antonella Florio-Poone, eienaar van Party & More, asook die egpaar se drie jong seuns agter.

Antonella Florio-Poone se persoonlike assistent, Melanie Kruger, het aan FiND iT bevestig Poone word Saterdag (31 Augustus) in Lesotho begrawe. Antonella, wat op pad is Lesotho toe om haar man ter ruste te lê, is nie in hierdie stadium beskikbaar vir kommentaar nie.

Foto: FACEBOOK