Slaghuiseienaar weer in hof vir beweerde seksuele aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

Adriaan de Klerk (46), eienaar van West End-vleismark, het vandag weer op aanklag van seksuele aanranding in die landdroshof hier verskyn.

De Klerk is uit op borg van R10 000 nadat hy homself in November 2017 self aan die polisie oorhandig het.

De Klerk word daarvan aangekla dat hy een van sy werknemers by die slaghuis op 4 November 2015 seksueel gemolesteer het. Nog ‘n werknemer beweer De Klerk het haar betas.

De Klerk verskyn weer Vrydag in die hof.