Twee wat ontsnap steeds soek

KIMBERLEY – Die polisie doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om behulpsaam te wees met die opspoor of inligting verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van twee verhoorafwagtendes wat op die aand van 10 Augustus 2019 uit die wettige aanhouding by die Hartswater-polisiestasie ontsnap het.

Vier verhoorafwagtendes het deur die dak van die polisieselle ontsnap. Terwyl twee weer in hegtenis geneem is, is die ander twee, Thabiso Ntwayagae (24) en Sello Maogwe (27) steeds soek. Die vier is gearresteer vir verskillende misdade, waaronder roof, huisbraak en winkeldiefstal. Die ander twee aangehoudenes, Thabisho Leeuw (21) en Tuelo Mongale (25), is albei op Sondag 11 Augustus 2019 in hegtenis geneem.

Enige iemad met inligting skakel sersant Moatlhodi Dikoko van Hartswater-speurders by 082 469 6228

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: