September 24, 2021

Kinderpornografie-verdagte stel wéér nuwe prokureur aan

KIMBERLEY – Roelof Petrus du Toit (40) het vandag in die landdroshof in Kimberley op aanklag van die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie verskyn.

Du Toit, wat laasmaand sy prokureur afgedank het, word nou deur Marcus Mafaro verteenwoordig. Landdros M. Qomoyi het vandag gesê dat sy nogsteeds wag op Du Toit om aan te dui watter van die nege aanklagte hy wil terugtrek.

Dit kom nadat Du Toit drie weke gelede sy pleit van skulding na onskuldig wou verander. Du Toit het ‘n dispuut verklaar en ontken dat hy geassosieer was met enige van die slagoffers. Hy het ontken dat hy hulle geken het en dat hulle tyd by sy woning deurgebring het. In sy verklaring het hy bevestig dat hy teenwoordig was by elkeen van die gevalle. Steeds ontken hy dat hy ‘n hegte verhouding met een van die slagoffers gehad het.

Du Toit het reeds by ‘n vorige geleentheid verklarings afgelê en skuldig gepleit op alle aanklagte.

Die saak is uitgestel tot 14 Augustus 2019 vir die verdedigingsraad om die hof toe te spreek rakende die verandering in die pleit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *