Kennisgewing van padsluitings

Deel hierdie storie / Share this story

Sol Plaatje munisipaliteit gee kennis dat die kruising van Phakamile Mabija-straat en Cecil Sussmanstraat, asook die metro langs Hullstraat vir instandhouding vir ‘n periode van drie weke gesluit sal wees.

Dié pad sal vanaf 5 Augustus tot 23 Augustus gesluit wees.

Verkeer kan gedurende hierdie periode van Maudestraat en Hullstraat gebruik maak.