April 19, 2021

PNX bring hoop vir tieners

Pneumatix bestaan al 20 jaar en fokus op karakterbou, lewensvaardigheidsopleiding, akademiese en praktiese opleiding.

Hulle span toer reg oor Suid-Afrika om hoop aan tieners te bring. Hulle is tans in Kimberley besig om skole tot 3 Augustus te besoek. FiND iT gesels met Pieter Gouws (25), ‘n lewensafrigter, wat self ‘n student by Pneumatix was.

Waar het alles begin?

Pneumatix is 20 jaar gelede deur Francois de Kok begin. De Kok was ‘n dominee in die NG kerk. Hy het Pneumatix begin as bediening waar jong mense ná skool teologie kon studeer.

Pneumatix het gegroei en is nou internasionaal geakkrediteer. Die jeug kan fotografie, videografie, grafiese ontwerp, drama, dans en sang studeer. Studente kan ook kies om ‘n oorbruggingsjaar deur Pneumatix te doen.

Die doel van Pneumatix is om ‘n nuwe generasie jeugleiers te kweek. Hulle leer die jeug beginsels om hulle op die lewe voor te berei.

Watter unieke probleme staar vandag se tieners in die gesig?

Pieter vertel dat sosiale media vandag ‘n baie groot rol in tieners se lewens speel. Daar bestaan ook so iets soos sosialemedia-verslawing. Ouers moet die aantal ure wat tieners aan sosiale media spandeer, beperk.

“Omdat kinders nooit gesensor word op sosiale media nie, raak hulle gewoond aan onmiddellike bevrediging (instant gratification) en verwag hulle alles in die lewe moet ook so werk. Hulle beleef dan nie die diep betekenis wat verhoudings kan hê nie, omdat hulle nie die tyd en moeite insit nie. Hulle leer ook nie wat dit is om te werk vir wat jy wil hê nie. Ouers moet ophou om hulle kinders se vriende te probeer wees. Jy moet hulle ouer wees en beheer toepas,” sê Pieter.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: