KIMBERLEY. – FiND iT het vandag koffie by dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, gedrink.
Die doel van die samesprekings was om verhoudinge te bou en die pad vorentoe vir Kimberley te bespreek.
Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, sê die media-groep is baie opgewonde oor dr. Saul se termyn. “Ons sien dinge gebeur. Ons is opgewonde oor die toekoms en om Kimberley ‘n beter plek vir almal te maak. Dis opwindende tye!”
Samesprekings wat die gemeenskap positief kan beïnvloed, was deel van die bespreking. Hou hierdie spasie dop!



