Was die winter net te lekker? Het jy heerlike vars broodjies geëet met dik botter en sop, soetwyn gedrink, nagereg geëet? Winter is heerlik voor die kaggel, maar baie van ons sit voor die somer met ‘n paar ekstra wintervetjies om van ontslae te raak.
FiND iT nooi julle uit om ‘n drie dag lange juice detox te doen. As jy inskryf, wil ons graag vir jou ‘n spasie skep op FiND iT om ons elke dag te vertel van hoe jy voel, waardeur jy gaan, verloor jy gewig, voel jy flou of energiek?
Dit kan twee of drie sinne bevat. Na die drie dae kies ons paneel van beoordelaars ‘n “wenner” gebaseer op die persoon met die mees interaktiewe terugvoer en “dagboek”.
Dié drie dag detoks kos gewoonlik R650, maar met FiND iT se afslagkode kos dit slegs R560! FiND iT betaal ook jou afleweringskoste.
Hoe om jou boks te bestel:
- Gaan na https://heartbeet.net/collections/frontpage/products/3-day-detox-box en sit hierdie bestelling in jou mandjie.
- Gebruik die FiND iT-kode om jou afslag te kry.
- Stuur ‘n e-pos aan [email protected] om jou bestelling te bevestig.
Heart Beet pos ons bestelling Maandag en dit behoort Woensdag hier te wees. Dan begin ons challenge!
Wat kan jy wen? ‘n Geskenkpak van Heart Beet met allerhande lekker gesonde sappe en soppe ter waarde van R1000!
Vir meer inligting oor wat juicing is, besoek die skakel.



