Rus sag kleine Adelaide

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van Adelaide Ricketts (2), wat verlede week oorlede is na sy naby haar huis in Vergenoeg omgery is, het vandag finaal afskeid van haar geneem.

Zelda Ricketts, Adelaide se oudste suster, sê dit was ’n baie mooi diens. “Sy is neergelê in die ABC-begraafplaas in Vergenoeg.

“Ons het vir haar pienk blomme op haar kis gesit, omdat dit haar gunstelingkleur was.”

Zelda sê daar was te veel mense om almal te kon tel. “Ná die begrafnis het almal na ons huis gekom.

“Alles het baie goed afgeloop vandag, maar almal was baie hartseer.”