BOSHOF. – ’n Beweerde plaasaanval het die gemeenskap van Boshof geruk.
Hannes de Jager, privaatspeurder van Boshof en Vrystaat Landbou se veiligheidskoordineerder, het bevestig twee mense is oorlede in die aanval.
Die aanval het op ’n plaas ongeveer 20km buite Boshof plaasgevind.
Dit is nog nie seker hoeveel verdagtes betrokke is nie. ’n Ford Ranger word gesoek. Dit is na bewering by die plaas gesteel.
Enigiemand met inligting kan de Jager by 083 605 8721 bel.




