Avo sjokolademousse – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Avokado’s is die nuwe kosneiging wat veganiste en mense op die keto-dieet mal het.

Avokado’s is 100% cholestrolvry en bevat byna 20 vitamiene, minerale en voedingstowwe. Net een porsie van ‘n avokado bied 8% van die daaglikse veselbehoefte. Vesel is ‘n voedingstof wat ‘n gevoel van versadiging gee en daar is ook bevind dat dit moontlik die risiko van tipe 2-diabetes kan verminder.

Bestanddele:

  • 2 ryp avokado’s (240g)
  • 1/4 koppie kakaopoeier
  • 1/4 koppie sjokoladeskyfies, gesmelt
  • 3-4 eetlepels melk van keuse
  • 1/2 t vanielje-essens
  • 1/8 t sout
  • versoeter van keuse na smaak

Metode:

Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker totdat dit heeltemal glad is. Gooi drie eetlepels amandelmelk by, maar as jy nie ‘n vloeibare versoeter gebruik nie, sal jy dalk ‘n bietjie ekstra van die melk wil byvoeg vir ‘n gladder beslag.

Resep deur: https://chocolatecoveredkatie.com/2015/10/15/avocado-chocolate-mousse-vegan-healthy/