KATHU. – Die gemeenskap van Bankara, in Kathu, het reeds in 2017 vir lt.-genl. Risimati Shivuri gevra om hulle kinders te leer om musiekinstrumente te speel. So is begin om die jeug te leer om musiekinstrumente te bespeel.
Shivuri het ‘n belofte gemaak en die orkesleier van die Noord-Kaap se polisieorkes, lt.-kol. Aubrey Skalkie, opdrag gegee om die projek te loods. Die orkesleier het ‘n reeks vergaderings met die stasiekommissaris van Kuruman-SAPD, brig. Kenneth Baloyi, die projekleier, gehad.
In vennootskap met die provinsiale misdaadvoorkomingskomitee en die orkes is die belofte nagekom. Hierdie projek sal voortgaan totdat die jeug die instrumente kan bemeester.





