Inbrekers vlug van toneel voor polisie kom

KIMBERLEY. – Twee mans het gister by ’n bekende inwoner van Kimberley se huis in Diamantpark ingebreek en elektriese toerusting ter waarde van R21 000 gesteel.

Foto’s van die twee mans is op die Verwoerd Park WhatsApp-groep gestuur, sodat die buurt op die uitkyk vir die mans kan wees.

Die eiendom is vakant, maar die eienaar se seun gaan gereeld daarheen om seker te maak alles is nog in orde by die woning. Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het bevestig die seun het gistermiddag daarheen gegaan en ontdek die garagedeur is oopforseer. Die West End-buurtwag is toe gekontak.

“Die buurtwag het twee mans op die perseel betrap en die polisie gebel, maar die verdagtes het van die toneel af gevlug voor die polisie daar was. Vóór hulle gevlug het, het die buurtwag foto’s van die verdagtes geneem.”

Die polisie weet waar die een verdagte woon en het hom reeds identifiseer, sê sy.

’n Lid van die buurtwag het aan FiND iT bevestig hulle is gekontak en twee van hulle wagte was op die toneel. “So ver ons weet, kruip hulle gewoonlik by die CC Riders se klubhuis weg.”

’n Saak van huisbraak en diefstal word ondersoek. Elektriese toerusting ter waarde van R21 000 gesteel.

Die foto’s wat versprei is

Hier is die foto’s wat op die Verwoerdpark WhatsApp-groep versprei is. Die twee mans is na bewering die inbrekers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *