57-jarige in hegtenis vir Mandrax

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van die Noord-Kaapse provinsiale georganiseerde misdaad-eenheid het ‘n 57-jarige man, wat in besit was van 100 Mandrax-tablette, in hegtenis geneem.

Die eenheid het leidrade ontvang van ‘n man wat glo in die besit was van Mandrax-tablette. Hy was op pad na Douglas, sowat 100 km buite Kimberley.

Die verdagte is voor sy vertrek voor die Noord-Kaapse SAPD se provinsiale kantore gesien en is in hegtenis geneem.

Die straatwaarde van die dwelms is sowat R6 000. Die verdagte sal na verwagting in die Kimberley-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van dwelmhandel.

Lt.-genl. Risimati Shivuri, provinsiale kommissaris van die polisie, het gemeenskapslede geprys vir die inligting wat tot die inhegtenisname van die verdagte gelei het.