Waaksame polisie vang dwelmverdagte

Deel hierdie storie / Share this story

Die provinsiale waakeenheid in Kimberley het ‘n 24-jarige dwelmverdagte vasgetrek nadat hulle inligting opgevolg het. Op Maandag 24 Junie 2019 omstreeks 15:15 het die polisie na die staproete op die N12-suid net buite Kimberley gegaan waar die verdagte vir vervoer na De Aar gewag het. Die polisie het hom deursoek en 303 Mandrax-tablette in ‘n tas by hom gekry. Die benaderde straatwaarde van die dwelms is R3 500.   Die verdagte moet binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel. Die ondersoek duur voort.