Shannon Mally (21) is die week se buurvrou. Sy is in Kimberley gebore en woon sedert haar geboorte in Kimberley.
Sy sê sy is lief vir Kimberley, omdat die Kimberliete vriendelik is en alles baie naby aan mekaar is. Die Groot Gat is ook vir haar ‘n pluspunt.
Stokperdjies
Haar stokperdjies sluit in om te gym en om kreatief te wees. Sy teken graag. Om te ontspan, doen sy graag joga of sy maak ’n lekker koppie koffie en kyk ’n horror of comedy op Netflix.
Street Outlaws
“Ek het van die ouderdom van vier ballet gedoen, maar het opgehou toe ek 13 was, omdat ek meer avontuurlustig was. Ek het op die ouderdom van 15 begin met martial arts en het ’n geel belt verwerf. Ek het ook modelwerk gedoen vir liefdadigheid om fondse in te samel. Ek is tans ‘n raadslid by die Street Outlaws NC drag club. Ek ondersteun graag motorsportgeleenthede, omdat ek van die sport hou. Ek raak ook graag betrokke by liefdadigheidsprojekte.”
Studies
“Ek wil graag my Ph.D. in projekbestuur kry en eendag my eie maatskappy begin,” vertel Shannon. “Ek sal graag klein projekte vir verskillende maatskappye doen. Ek lewe volgens die motto Never say never omdat alle dinge moontlik is. As jy iets kan glo, kan jy dit doen, en probeer jou bes om te bereik wat jy in die lewe wil hê. Ek het nooit in myself geglo nie, maar ek het al so baie bereik deur geloof te hê, so moenie nooit sê nie, want dit kan moontlik wees.
Droomvakansie
As sy op haar droomvakansie kon gaan met die opsie om na enige plek te reis, sou sy Kroasië toe wou gaan “Dit is ‘n pragtige plek en daar is baie verskillende dinge om te doen. Ek het ‘n Instagram-blad met die naam van bath_water_vlogs oopgemaak. Ek en my niggie hou daarvan om oor naweke te vlog. Dit is ’n lekker manier om te wys waarmee ons onsself besig hou of waarheen ons orals gaan.




