Die polisie in Olifantshoek het ‘n ondersoekdossier geopen nadat twee mense na bewering op die aand van 08 Junie 2019 doodgebrand het.
Daar word beweer die 30-jarige ma en haar sesjarige seun het geslaap toe hulle hut aan die brand geslaan het. In hierdie stadium is die oorsaak van die brand onbekend in afwagting van die ondersoek. Albei slagoffers is op die toneel dood verklaar



