38 Kindertjies van Bohpelo-huis en Christina Kiddie het gister bymekaargekom om kinderbeskermingsweek te vier.
Daar was ‘n koek, geskenk deur Dial-a-Bake en daar is vir die kinders lekkers, skyfies en koeldrank uitgedeel. Hulle kon ook die tyd geniet om met mekaar te gesels en te speel.




















