Motor uit erf gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

Gavin van Rooyen se wit Citi golf is Maandag omstreeks 04:00 uit sy erf in Barkleyweg gesteel.

“Ek het die voertuig net Sondag reggemaak en gaan toets. Ek het die voertuig net voor ses die aand parkeer en gesluit soos gewoonlik.”

“Maandagoggend toe my seun uitgaan werk toe, het hy opgelet dat die motor nie meer daar is nie.”

Van Rooyen het die saak by die polisie aangemeld. Die motor is nog steeds vermis. Die motor se registrasienommer is BNZ 015 NC en enigiemand met enige inligting word versoek om asseblief vir Gavin te skakel by 0820828063 of ‘n e-pos te stuur aan [email protected].