Kansa en Sanlam se gholfdag

Sanlam en Kansa hou op 1 Junie 2019 ‘n gholfdag in Kimberley ten bate van kanker. Die Sanlam-kankeruitdaging word hierdie jaar vir die 27ste keer aangebied. “Die doel van die uitdaging is om jaarliks fondse in te samel sowel as om mense net weer bewus te maak van die stryd teen kanker,” sê Andries van der Merwe van Kansa.

“Meer as 35 000 gholfspelers het gedurende 2018 dwarsdeur die jaar in meer as 640 klubkompetisies in die land gespeel ter ondersteuning van Kansa se voorkomingsprogramme en pasiëntsorgdienste.”

Volgens Andries spog hierdie toernooi, wat as die grootse amateur gholftoernooi in Afrika gesien word, met meer deelnemers as die Comrades-marathon en die Argus-fietstoer.

Hy sê verder die inisiatief is een van hulle sterkste hulpbron-mobilisasie-voertuie en daarom is dit noodsaaklik dat die uitdaging elke jaar met omsigtige beplanning, entoesiasme en vars inspanning gedoen word.

“Danksy wonderlike borge het ons in 2018 ons inkomste verdubbel en dit is te danke aan enorme ondersteuning van plaaslike borge,” sê Andries dankbaar.

Die Sanlam-kankeruitdaging is ‘n gesamentlike vennootskap tussen Kansa, Sanlam en die SAGA- en WGSA-unies.

Hoe kan jy betrokke raak?

  • Kom ondersteun die dag deur slegs R299 te betaal.
  • Borg ‘n putjie teen R500 vir die dag.
  • Borg ‘n item vir die dag se “goody bags”
  • Skenk ‘n donasie vir die dag
  • Borg een van die pryse.

Kontak Andries by 084 242 2220 vir meer inligting oor die dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *