“Dit bly steeds ‘n voorreg”

Edith Strauss

Edith Strauss (41), die hoofnetbalafrigter van Hoër Meisieskool Paarl, het met FiND iT gesels oor haar span en hulle wedstryde tot dusver.

Ons wedstryde

“In totaal speel ons sewe wedstryde, waarvan ons reeds vyf gespeel het. Ons speel nou die laaste wedstryd vir die dag en dan môre ons laaste wedstryd vir die toernooi. Sover het ons drie van die vyf wedstyde gewen,” verduidelik die trotse afrigter.

Grootste kompetisie

Sy sê Sentraal was hulle grootste kompetisie vir die toernooi. “Ons het geweet hulle gaan ons grootste kompetisie wees en ongelukkig het hulle die wedstryd gewen.”

Dit bly steeds ’n voorreg

“Ons is al agt jaar betrokke by Wildeklawer en dit bly steeds ‘n groot voorreg om uitgenooi te word vir nog ‘n jaar,” sê sy.

“Ons speel nou teen HTS Middelburg en wil net hê ons spelers moet dit geniet en die geleentheid embrace, want min kry hierdie geleentheid.”

Die netbalspelers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *