Al die pad van Limpopo

Anandi Janse van Rensburg

Anandi Janse van Rensburg (29) is al vir die afgelope nege jaar ‘n netbalafrigter en is tans die afrigter vir Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, Limpopo.

Plattelandse skooltjie

“Hierdie is ’n groot geleentheid vir ons. Dis ons sewende jaar wat ons uitgenooi word om deel van die Wildeklawer-toernooi te wees. Ons is ‘n medium skool, maar speel teen makro skole. Dit gee ook aan ons plattelandse skooltjie stadsgeleenthede,” verduidelik sy.

Ons kompetisie vir die toernooi

Sy verduidelik dat Paarl Gimnasium, Diamantveld, Affies en Sentraal hulle grootste kompetisie was vir hierdie toernooi. “Ons speel ses wedstryde in totaal, waarvan ons reeds vier gespeel het. Ons gaan nou een speel en dan môre ons laaste een.”

Hulle sou nie hier wees nie

“Ek wil net hê my span moet konstant speel. Hulle moenie laat die druk hulle onderkry nie. Hulle moet ook net weet – hulle sou nie hier gewees het indien hulle nie goed was nie,” se Anandi.

Hoërskool Ben Vorster se netbalspan


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *