“Vir reg en geregtigheid”

Johan en Christa Vrey

Johan Vrey (63) en Christa Vrey (64) stap met ’n kruis om die Here se stem weer terug te kry in ons stad.

Hoekom stap julle?

“Ek stap al van 1980 af en doen dit om mense bewus te maak van pornografie, geweld, dwelmmisbruik, mensehandel (human trafficking) en verkragting. Dit is tyd dat die Christene in ons land opstaan teen al hierdie dinge,” verduidelik Johan.

“Ons stap onder die naam Voice In The City, want ons wil die Here se stem terugkry in ons stad. Ons stap vir reg en geregtigheid.”

Hopetown tot Kaapstad

Hy vertel ook dié is sy tweede kruis, omdat hy die eerste kruis al stukkend geloop het. “Ons gaan in September weer van Hopetown tot in Kaapstad stap.”

Johan Vrey

Foto’s: Kayla Vermeulen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: