Geen voorbehoedinspuitings by stadskliniek

Sukkel jy ook om jou voorbehoedinspuiting in die hande te kry?

‘n Anonieme vrou het vertroulik aan FiND iT vertel toe sy Dinsdag 23 April by die stadskliniek in New park haar voorbehoedinspuiting wou kry, is sy saam met meninge ander vrouens weggewys omdat daar geen voorraad was nie. “Ek moes ’n hele dag afvat by die werk om daar te sit en wag. Dit was die datum vir my volgende afspraak. Hulle het gesê dit is die derde maand dat hulle nie inspuitings kry nie.”

FiND iT was by Beaconsfield-kliniek, waar daar aan hulle gewys was dat daar wel voorraad is, maar almal kan nie na dié kliniek toe gaan nie, omdat dit nie in hulle omgewing is nie.

Volgens Anoniem bring dit ’n groot bekommernis oor die aantal ongewenste swangerskappe.

By navrae het me Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê dat sy eers die nodige oproepe moet maak voor sy enige kommentaar gaan lewer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *