Hierdie maklike resep vir grondboontjiebotterkoekies sal beslis ’n gunsteling wees met ‘n voorbereidingstyd van net vyf minute.
Bestanddele
- een koppie grondboontjiebotter
- een koppie suiker
- een groot eier
- Voorverhit die oond tot 180 grade en smeer die pan goed met botter.


2. Meng die grondboontjiebotter, suiker en eier goed.

3. Skep eetlepels van die deeg uit en rol in balletjies. Plaas die balletjies so twee sentimeter van mekaar af in ‘n pan. Druk die koekies effens plat met ’n vurk.

4. Bak die koekies vir 6 tot 8 minute.



