SAPD besoek skole onverwags

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van die SAPD in Kimberley in samewerking met die departement van onderwys, het ‘n plaaslike skool se leerders vanoggend met ‘n klopjag verras.

“Die SAPD was nie net op soek na dwelms nie, maar ook enige vuurwapens, gevaarlike wapens en verbode goedere,” sê kapt. Tessa Jansen.

Volgens Jansen het die SAPD tydens die klopjag ‘n daggapyp, gasaansteker, agt pakkies dagga, vuurhoutjies en ses leë sakkies, waarin vermoedelik dagga was, gekonfiskeer.

Jansen sê dat verrassingsbesoeke aan skole meer gereeld gedoen gaan word om te verseker dat skole misdaadvrye, veilige leeromgewings is.