Drama by Ghoema-toekenningsaand oor Steve

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ghoemas, ’n jaarlikse spoggeleentheid waar plaaslike sangers vereer word vir hul bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf, word deur van die kunstenaars geboikot.

MultiChoice se voorwaarde

Dit volg nadat MultiChoice Woensdag versoek het dat Steve Hofmeyr nie meer deel is van die Ghoema-musiektoekennings nie, “omdat die sanger se siening nie met die maatskappy se waardes ooreenstem nie.”

MultiChoice het versoek dat die musiek video, Die Land, van die lys van benoemings, verwyder word.

Die lied word deur Steve en verskeie kunstenaars onder andere, Jay, Dewald Wasserfall, Ruhan Du Toit, Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld gesing.

Jay, Bobby, Bok, Dewald, Arno Jordaan en Nicholis Louw het gesê dat hulle nie meer die Ghoems gaan bywoon nie.

Die Ghoema-toekennings word Woensdagaand in die Sun Arena in Pretoria gehou.

Bok Radio onttrek

Intussen het Bok Radio ‘n persverklaring uitgereik, waarin hulle sê hulle onttrek hul borgskap van die 2019 KykNet Ghoema-toekennings geleentheid.

Bok Radio borg die kategorie Gewildste liedjie van die jaar, waarin die liedjie Die Land, ‘n benoeming was.

“Bok Radio kan geen vorm van diskriminasie op enige vlak teenoor enige kunstenaar(s), groep of taal ondersteun nie. Ons ondersteun die kunstenaar en kunste se reg op assosiasie, digterlike vryheid en vryheid van spraak. Ons ondersteun Afrikaanse kunstenaars, die Reënboognasie en demokrasie.” lui die verklaring

Hulle sê verder hulle hoop Suid-Afrikaners sal hulle besluit verstaan. “Geen Bok Radio verteenwoordiger sal die geleentheid bywoon nie.”

Wat sê mede-kunstenaars?

“Terwyl my hart bloei vir dié wat genomineer is en werklik uitgesien het na vanjaar se toekennings, gaan ek nie vanjaar se toekennings ondersteun nie. Wanneer die borge kan besluit wie se inskrywings toegelaat word, en die amptelike kriteria nie meer saakmaak nie, is daar ongelukkig geen geloofwaardigheid in die toekennings nie. Wat meer hartseer is, is dié wat nie kan bekostig om ‘n standpunt in te neem nie omdat hulle salarisse afhanklik is van die sogenaamde borge. Ons kan nie aanhoudend geboelie word nie. Ons sal die streep iewers moet trek.Ek trek myne hier . ‘n Hartseer dag vir Afrikaans,” het Dewald Wasserfall op sy Facebook-blad geskryf.

“Ghoema kykNET MultiChoice hoe ontrek julle hierdie groot afrikaanse song net so?
Gaan dit oor
Steve Hofmeyr of oor die woorde en tema?
As dit oor steve gaan word die ander kunstenaars ook benadeel wat deel was van die sukses van die lied. Regtig!
Julle kan nie julle taal en musiek net so onder die bus ingooi nie!
Die Land is verseker my grootste en gunsteling liedjie van 2018/2019
My 5jarige en 2jarige laaities sing dit woord vir woord saam! Dis belangrik dat ek as kunstenaar weet wat die reels is en wat ek mag en nie mag opneem en vrystel nie om te kwalifiseer vir n ghoema!!
” het Arno Jordaan op sy Facebook-blad geskryf

Arno Jordaan

“Jip. Sal nie Ghoemas bywoon nie. As ons Musiek nie welkom is daar nie, is ons ook seker nie welkom daar nie. Raak moeg om stil te bly terwyl hulle ons boelie.” het Bobby van Jaarsveld op sy Facebook-blad geskryf.

“In lig hiervan het ek besluit om nie die Ghoemas 2019 toekenningsaand by te woon nie,” het Nicholis Louw op sy Facebook-blad geskryf.

Steve sê sy sê

“Die bodemlose kinderagtigheid woed voort. Die kunste kaping, die blanke deel daarvan, veral. Kyk onder hoe maak MultiChoice die Afrikaners by die Ghoemas spring soos poedels deur ‘n ring van polities korrekte vuur. Die (verkorte) skrywe van die Ghoema Trust word gevolg deur ‘n (verkorte) antwoord van Arnold Coleske.

“Beste Bestuurskomitee:

Insake die benoeming van die musiekvideo, ‘DIE LAND” met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Touch of Class soos ingeskryf deur Coleske Artists

Geliewe hiermee kennis van die volgende te neem:

Ek het ‘n offisiële versoekbrief van Joe Heshu, MultiChoice Group Executive for Corporate Affairs op 25 Maart 2019 ontvang.

As gevolg van Steve Hofmeyr se deelname aan die video, versoek Mulitchoice dat die benoeming van “DIE LAND” onttrek word.

Verder verklaar hul dat indien dit nie plaasvind nie, hul geen opsie het as om hul borgskap van die Ghoema-musiektoekennings 2019 te onttrek nie….”

In sy antwoord aan Heidi Edeling van die Kyknet/Ghoema groep, praat Arnold Coleske namens vele kreatiewe kunstenaars.

“Dear Heidi,

We are deeply saddened to receive your email notifying the industry that the video of the “Die Land” has been withdrawn from the Ghoemas.

Not only does this affect the artists participating, the composer of the song and director of the video, but EVERY other artist who receives an award, as we believe that this decision will put the integrity of the awards in question.

We have to express our utter disappointment in this decision by the Ghoema Musiek Trust, which is in vast contrast with what is stipulated in the official criteria, rules and regulations.

This is a slap in the face for the arts, freedom of expression and for the furtherance of AFRIKAANS…”

Die hemel help ons. Intussen het ek al op welke wyse met 90% van die kunstenaars geassosieer. Vanoggend assosieer MultiChoice met die staat terwyl staats gekaapte Ace Magashule as beide korrup en rassisties ontbloot is. Jy is op jou eie witman.

Die blanke, die taal en sy kulturele wese het speelgoed geword vir fasciste. Ons is uitgelewer aan die “Revolution” en die helfte van ons mense IS AAN HULLE KANT.

Dankie vir almal wat, soos ek, geskok is met die “kuns kaping” deur die staat en besigheidsektor.” lui die inskrywing op Steve se Facebook-blad.