September 24, 2021

Verdrinkings eis steeds lewens

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die aantal verdrinkingsgevalle wat in die provinsie gerapporteer word, met groot kommer opgemerk. Daarom doen die SAPD dringend ‘n beroep op die gemeenskap om veilig te bly en voorsorgmaatreëls te tref om onnodige verdrinkings te voorkom.

Kan nie toelaat dat nog lewens
geëis word nie

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê verdrinking is ‘n ernstige bekommernis wat steeds die lewens van baie kinders en volwassenes regoor die provinsie eis. “Die polisie kan nie toelaat dat die lewens van gemeenskapslede, veral jong kinders, veral gedurende hierdie tydperk van swaar reën en storms in ons omgewing, geëis word nie.”

“Verder word ‘n sterk waarskuwing uitgereik aan diegene wat alkohol gebruik en daarna gaan swem.”

Gehoorsaam en implementeer

“’n Dringende beroep word op die publiek gedoen om die volgende veiligheidsmaatreëls te gehoorsaam en te implementeer om die veiligheid van kinders en volwassenes te verseker,” sê kapt. Kock.

VEILIGHEIDSMAATREËLS
• Toesig alleen is nie genoeg nie – ouers moet kinders opvoed oor die gevare en veiligheid van water.
• Kinders moet altyd onder toesig van volwassenes wees wanneer hulle naby watergebiede gaan.
• Moet nooit naby die oewer van damme, riviere en moerasse loop nie.
• Moet nooit in die water spring in ‘n poging om iemand te red as jy nie kan swem nie.
• Draagbare spatpoele, emmers vol water en baddens moet leeggemaak word en nie onbewaak gelaat word nie.
• As spoelwater op die grond versamel terwyl sproeiers loop, skuif die sproeier na ‘n ander area.
• Maak seker sekuriteitshekke om swembaddens is ten alle tye toe en gesluit.
• Moet nooit alleen swem nie, veral nie in damme, kanale en riviere nie.
• Moenie in vuil of donker water swem nie en maak vooraf seker oor die diepte van die water.
• Moet nooit swem na die gebruik van alkohol of onder die invloed van enige medisyne nie.
• Kinders moenie sonder toesig naby kanale, rivieroewers, poele of damme gelaat word nie, selfs al kan hulle swem. ‘n Volwassene moet altyd teenwoordig wees.
• Wees altyd bewus van waarskuwingstekens naby watergebiede en hou altyd by die reëls.
• Moenie brûe oorsteek wanneer dit hoogwater is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *