September 24, 2021

Twee verdagtes aangehou vir handel met renosterhoring

Twee verdagtes, onderskeidelik 57 en 61 jaar oud, sal hul eerste verskyning in die Brits-landdroshof maak nadat hulle Saterdag 13 April 2019 in Noord-Wes met meer as 167 renosterhorings vasgetrek is.

Hoe is hulle gevang

‘n Klopjag deur die spesiale taakmag, Hawks Serious Organized Crime Endangered Species Unit, Tracker SA en Vision Tactical het die twee verdagtes agter tralies laat beland nadat inligting na vore gekom het van ‘n voertuig uit ‘n kusprovinsie wat ‘n aansienlike aantal renosterhorings vervoer. Die voertuig is in die Hartebeespoortdam-gebied met die 167 renosterhorings, wat ‘n aansienlike bedrag werd is, onderskep. Die renosterhorings was bestem vir die Suid-Oos Asiatiese markte.

Ondersoeke na die twee verdagtes sowel as die waarde van die horings is steeds aan die gang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *