DHS atlete verteenwoordig skool

Deel hierdie storie / Share this story

Agt atlete van Hoërskool Diamantveld is gekies vir die Noord-Kaap span wat gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe vanaf 20-23 Maart in Port Elizabeth.

Nog drie atlete is ingesluit om die atletiekspan van Griekwaland-Wes te gaan verteenwoordig by die ASA Nasionale Jeug- en Junior Kampioenskappe vanaf 28-30 Maart in die Paarl.