Tydskrif-uitgewer en redakteur opponeer interdik

Deel hierdie storie / Share this story

Die uitgewer van die Glitter-tydskrif, Rudi Ferreira en Jana Grobbelaar, redakteur, opponeer môre (Dinsdag) ‘n tydelike interdik van Linja Allen, eienaar van Northern Cape Security Solutions.

Allen het Vrydag ’n dringende interdik teen Ferreira en Grobbelaar gebring nadat die nuutste Glitter-tydskrif verskyn het. Allen voer aan nie een van hulle mag kontak hê met haar nie, mag nie haarself of persone naby aan haar intimideer of teister óf teistering deur iemand anders aanhits nie en mag nie valse inskrywings op sosiale media maak nie.

Ferreira en Grobbelaar opponeer die aansoek en het reeds haar interdik geantisipeer.

Muishond Malan

Allen voer in haar verklaring aan Ferreira is die skrywer van ‘n satiriese rubriek van ‘n plaaslike tydskrif. Dié rubriek word onder die satiriese naam, Muishond Malan, geskryf. Sy voer aan Ferreira het, onder die skuilnaam Muishond Malan, valse aantygings gemaak.  Sy voer in haar stukke aan dat sy met hom probeer kommunikeer het en hom gevra om te stop.”

Polisie-radio

Allen voer onder eed aan Grobbelaar het haar op 31 Januarie gedreig omdat sy beweer Allen trek voordeel uit haar man se polisie-radio. Allen se man werk vir die polisie. Allen sê sy is die voorsitter van Kimberley se gemeenskapspolisiëringsforum wat beteken dat sy op ’n gereelde basis in die teenwoordigheid van polisielede is met radio’s.

Partye kon nie skik

“Al wat ek wil hê is dat mnr. Ferreira moet ophou om valse verklarings te maak en my te dreig.”

Die rede vir die dringendheid van die aansoek, wat Vrydag teen Ferreira en Grobbelaar gebring is, word aangevoer as Allen wat voel sy word geteister. Ferreira gaan volgens haar uit sy pad uit om seker te maak Allen is nie in staat om haar onderneming te bestuur nie en dit affekteer direk haar bestaansreg.  Ferreira opponeer dié aantygings.

Pogings om te skik, faal

Pogings om tussen die partye te skik, het vandag gefaal. Grobbelaar is ook die eienaar van een van die grootste aanlyn-koerante, www.find-it.co.za en voel baie sterk oor persvryheid.

*Muishond Malan is ’n satiriese rubriek en het in Maart, 2019, tot ”n einde gekom. Die Facebook-profiel is intussen toegemaak. Grobbelaar het nog nooit bevestig wie MM skryf nie.

*Satire is ‘n hekelende letterkundige geskrif en genre wat spottenderwys menslike en individuele swakhede, dwaashede, wantoestande en tekortkominge uitbeeld, met soms die bedoeling om verbetering te motiveer. – Wikipedia