Vermiste persoon gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Segrys Lisa (35) is op 3 Februarie deur haar skoonma as vermis by die Kagiso-polisiestasie aangemeld.

Beskrywing van Lisa

Luidens ’n polisieverklaring is Lisa laas op 23 Desember 2018 gesien waar sy ’n grys kortbroek en wit tekkies aangehad het. Sy het ’n gemiddelde bou en kort swart hare.

Kontak

Enigeen met inligting kontak asb. vir konst. Donna Palm by die Kagisho-polisiestasie by 061 972 3261. Alle inligting sal streng konfidensieel gehou word.