Rugbylegende Chester Williams sterf op 49

SUID-AFRIKA – Chester Williams, ’n ikoniese oud-Springbok, is op die ouderdom van 49 oorlede. 

Volgens die tydskrif SA Rugby Mag is Williams vermoedelik aan ’n hartaanval oorlede.

Die tragiese nuus kom minder as twee maande nadat die wêreldrugbygemeenskap deur die dood van James Small geruk is.

Die twee vleuels is albei ikoniese figure van die historiese Wêreldbeker-eindstryd in 1995. Volgens die rugbytydskrif is Williams as ‘n besondere transformerende en instrumentele rolspeler in die nuwe Suid-Afrika beskou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: