FiND iT, tesame met Beefmaster in Kimberley, het ’n fonds gestig wat ruimte bied vir entoesiastiese vryskutverslaggewers om bydraes te lewer, teen ’n bedrag per gepubliseerde artikel.
Die fonds bied ruimte vir 12 gepubliseerde artikels.
Vul die vorm hieronder in. Lees asb. die redaksionele riglyne voordat jy jou artikel instuur.
As jou artikel aanvaar word, sal jy binne 24 uur die skakel kry waar dit gepubliseer is. As jy binne 24 uur niks van ons hoor nie, is jou artikel nie aanvaar nie.
Let asb. daarop dat FiND iT nie op elke artikel kan reageer of terugvoer gee nie. Slegs verslaggewers met ondervinding kan aansoek doen.
Betaling: R150 per gepubliseerde artikel.
As jy ‘n onderneming is wat by die fonds betrokke wil raak, stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Let daarop dat alle artikels deur FiND iT in ‘n ander taal vertaal sal word.
Redaksionele riglyne:
1. Maak seker jou taal- en spelling is korrek. Gebruik inligtingsbronne soos Viva en Beter Afrikaans om jou te help.
2. Jou artikel moet relevant en interessant wees.
3. Jou artikel moet feitelik korrek wees.
4. Skryf ’n treffende kop.
5. Skryf sub-opskrifte tussen jou paragrawe
6. Maak seker jou inleiding is treffend en behou die leser se aandag.
7. Maak seker van die spelling van name en vanne. FiND iT maak nie gebruik van anonieme bronne nie.
8. Kry kommentaar van die korrekte woordvoerder, as nodig.
9. Alle artikels moet tussen 400 en 600 woorde wees.
10. Jou artikel moet ALTYD ’n bron hê.
Artikels wat ons graag na kyk: onderhoude met regte inwoners van Suid-Afrika oor kwessies wat ons almal raak. Onderhoude met bekendes oor kwessies wat ons almal raak. Artikels wat jy graag sal wil lees.