Bou jou portefeulje

FiND iT bied studente en opkomende skrywers die geleentheid om artikels, stories en indrukke met FiND iT se lesers te deel.

As jou skryfstuk aanvaar word, sal dit gepubliseer word onder jou naam en aan FiND iT se lesers gestuur word – wat oor ‘n leserstal van 400 000 lesers beskik.

Vul die vorm hieronder in. Lees asb. die redaksionele riglyne voordat jy jou artikel instuur.

Let asb. daarop dat FiND iT nie op elke artikel kan reageer of terugvoer gee nie. As jy nie binne drie dae van ons hoor nie, kan jy aanvaar jou artikel is nie goedgekeur nie.

Let daarop dat alle artikels deur FiND iT in ‘n ander taal mag vertaal word.

Redaksionele riglyne:

1.     Maak seker jou taal- en spelling is korrek. Gebruik inligtingsbronne soos Viva en Beter Afrikaans om jou te help.

2.     Jou artikel moet relevant en interessant wees;

3.     Jou artikel moet feitelik korrek wees;

4.     Skryf ’n treffende kop;

5.     Skryf sub-opskrifte tussen jou paragrawe;

6.     Maak seker jou inleiding is treffend en behou die leser se aandag;

7.     Maak seker van die spelling van name en vanne. FiND iT maak nie gebruik van anonieme bronne nie;

8.     Kry kommentaar van die korrekte woordvoerder, as nodig;

9.     Alle artikels moet tussen 400 en 600 woorde wees;

10.  Jou artikel moet ALTYD ’n bron hê;

Artikels wat ons graag na kyk: onderhoude met regte inwoners van Suid-Afrika oor kwessies wat ons almal raak. Onderhoude met bekendes oor kwessies wat ons almal raak. Artikels wat jy graag sal wil lees.