Tyla van SA sing haar eerste Grammy los

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Amelia Earhart se verlore vliegtuig moontlik gevind

Die Suid-Afrikaanse sanger, Tyla, het haar eerste Grammy-toekenning gewen vir haar lied Water wat verlede jaar internasionaal bekend geraak het.

Sy het gister by die 66de jaarlikse Grammy-toekennings die prys in die kategorie Beste Afrika-optrede gewen. Dit is die eerste jaar wat hierdie kategorie by die toekennings gevoeg is.

Sy was genomineer saam met ander Afrika-kunstenaars soos Burna Boy, Ayra Starr, Asake, Olamide en Davido saam met Musa Keys.

Bronne: IOL, Briefly, X, Youth Village SA

Lees ook: Amelia Earhart se verlore vliegtuig moontlik gevind