Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VSA vloot skiet Hoethi-vuurpyl af

JEMEN. – Die Hoethi-rebelle het gister weerwraak gesweer na die VSA en VK weer 36 Hoethi-teikens in Jemen aangeval het.

Hulle het gesê die aanvalle sal hulle nie daarvan weerhou om ondersteuning te bied aan die Palestynse mense in die Gaza-strook nie.

Die VSA en VK het Saterdag in ‘n gesamentlike operasie op 36 Hoethi-teikens in Jemen toegeslaan. Dit volg op Vrydag se lugaanval op 85 teikens van Iran-gesteunde groepe in Sirië en Irak. Vrydag se offensief was ’n reaksie op maande se aanvalle van die rebelle op Amerikaanse weermagbasisse.

Amerika het gesê hulle sal nog vergeldingsaanvalle loods as voortgegaan word om hulle weermagbasisse te teiken.

Bronne: USA Today, CNN, Boston Herald

Lees ook: VSA vloot skiet Hoethi-vuurpyl af