Kyk: Francois van der Merwe – boodskap van Willem Petzer aan genl.maj. Jan Scheepers

Deel hierdie storie / Share this story

Willem Petzer het vanoggend ‘n video-boodskap aan genl.maj. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, gerig. Die boodskap is aangaande die insident waartydens Francois van der Merwe van die Bittereinders na bewering wou intree om die voormalige burgemeester van Groblersdal, Dries Olivier, wat deel van die optog was, te beskerm. In sy “reaksie” het Van der Merwe glo self ‘n polisiebeampte gestamp. Hy is in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding, wagtende vir sy borgaansoek om voor die hof gebring te word.

Die borgaansoek kom Donderdag 1 Februarie in die Groblersdal-landdroshof voor en volgens Petzer sal die hofverrigtinge deur meer ondersteuners van Van der Merwe bygewoon word as wat tydens die optog teenwoordig was.

Willem Petzer het ook vanoggend in die video uitgebrei oor die regsfirma wat namens Van der Merwe gaan optree en die werk wat Van der Merwe reeds in gemeenskappe gedoen het, waartydens volgens hom, die polisie in hulle afwesigheid geskitter het.

Kol. Malesela Ledwaba het gesê die klagtes teen Van der Merwe is dié van aanranding en die verhindering van ‘n polisiebeampte in die uitvoering van sy pligte. Terwyl Van der Merwe in aanhouding bly, het die polisie se ondersoek voortgegaan.

“It is alleged that on Wednesday 2024/01/24 the police blocked the route leading to the Magistrate’s Court building in Groblersdal as part of crowd control when the suspect who was accompanied by a group of people became unruly and confrontational , pushing their way marching towards the court. It was at the time when one of the members trying to bring about control, was violently pushed to the ground. The reinforcement from police came to their colleagues rescue and arrest the suspect.:”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.