Lees ook: VSA wil veg teen SA se volksmoordsaak teen Israel
DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof sal na verwagting vandag ’n besluit neem oor Suid-Afrika se saak teen Israel.
Suid-Afrika het gevra die hof moet Israel beveel om alle militêre operasies in Gaza te staak en om meer humanitêre hulp aan Gaza toe te laat. Hulle het Israel ook beskuldig van volksmoord en die uitroei van die Palestynse mense en hulle kultuur.
Israel het gereageer deur aan te voor die saak het geen basis nie en sal van die rol geskrap word.
Die hof sal vandag waarskynlik oor tussentydse maatreëls aangaande militêre operasies en hulp beslis. Dit kan jare neem voor ’n beslissing aangaande die volksmoord gemaak word.
Selfs al bevind die hof in Suid-Afrika se guns is dit moontlik dat Israel nie die besluit sal nakom nie.
Bronne: eNCA, The Guardian, IOL
Lees ook: Ramaphosa vra internasionale strafhof moet Israel vir oorlogsmisdade ondersoek



