VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: VSA wil veg teen SA se volksmoordsaak teen Israel

GAZA. – Minstens 12 mense is oorlede en 75 beseer toe ’n VN-skuiling vir burgers in Gaza deur bomme getref is. 15 van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand.

Twee bomme het die Khan Younis-opleidingsentrum getref waarin burgers geskuil het. Israel se weermag het gesê dit was nie hulle nie en hulle is besig om hulle operasies naby die sentrum te ontleed. Hulle beweer dit was Hamas wat die skuiling getref het.

Bronne: BBC, The Star, CNN

Lees ook: Paaie eis 1 427 lewens oor feestyd