Lees ook: Hoethi-rebelle belowe om nie Chinese en Russiese skepe aan te val nie
JEMEN. – Die VK en VSA het gister weer op Hoethi-teikens in Jemen toegeslaan. Vegvliegtuie en vuurpyle is gebruik om Hoethi-vuurpylstoorplekke en hommeltuie aan te val.
Australië, Kanada, Bahrein en Nederland het glo die VK en VSA gehelp om die aanval uit te voer. Hulle het gesê hulle wil die spanning verminder en verseker die Rooi See is weer veilig.
Hoethi-rebelle het vir die afgelope paar maande vragskepe en oorlogskepe in die Rooi See aangeval. Meeste skepe vaar nou om Afrika om die Rooi See te vermy.
Bronne: France 24, NBC News, Financial Times
Lees ook: Hoethi-rebelle belowe om nie Chinese en Russiese skepe aan te val nie



